Description
Title: Vyfster Die Reeks 2 DVD 2
Starring: Marius Wyers, Carl Trichardt
Synopsis:
Soos gesien op SAUK…
Episode 4.
Wanneer Big Bull, die rofstoeier, sy opwagting maak in die tronk probeer Skollie dadelik daaruit munt slaan. Planne om Adolf uit die ,Bom, te help ontsnap loop skeef wanneer sy nooi, Judy, vir Ertjies in ‘n hoek dryf. Ertjies word boonop deur Pappa en sy bende verwerp en ‘n gyselaarsdrama ontwikkel. Hendrik het intussen ‘n monitor geword by die bougroep maar word ‘n prooi van Priester se daggasmokkelary.
Episode 5.
Prof word verder voorsien van onwettige pille. Die NTS toets se vraestel word uit Prof se sel gesteel en flink onder gevangenes verkoop. Daar is ‘n moontlikheid dat Skollie se seun hom gaan besoek en hy maak hom daarvoor gereed. Hendrik le Roux vind uit dat sy vrou ‘n verhouding het met ‘n ander man. Priester en Skollie beplan ‘n stoeigeveg tussen Big Bull en Punkie en dit beteken byna Skollie se einde.
Episode 6.
Die owerhede vang Prof uit met sy pille en dit het ernstige gevolge. Hendrik ontsnap uit die gevangenis en die hoof moet bontstaan om ‘n gesinsmoord te voorkom. Priester se planne om Gabba uit te smokkel word gefnuik. Skollie se verlede word geopenbaar en dit lei tot ‘n verrassende einde wanneer hy planne in werking stel om sy probleme op te los.