Die Vier Breman

R69.99

  • Synopsis
  • Additional information

Synopsis

fpb

Title:  Die Vier Musikante Van Bremen

Starring:  Soos Gesien Op Sauk

Synopsis:

In die storie van ‘n Donkie, ‘n Hond, ‘n Kat en ‘n Hoenderhaan wat almal al so bietjie oor die muur is en dus hul waardigheid op hul eie plase verloor het, sou binnekort weggemaak word deur hulle eienaars. Een vir een verlaat hulle hul huise en kom bymekaar om op ‘n nuwe reis saam te gaan. Hulle vertrek na Bremen, bekend vir vryheid vir al sy bewoners en besluit om daar musikante te word.

Op pad na Bremen merk hulle ‘n beligte kothuis aan en loer om die sien wat binne aangaan. Die kothuis bevat vier rowers wat hulle gesteelde eiendom geniet. Die vier besluit saam om die rowers skrik op die lyf te jaag en die rowers hardloop in vrees vir hul lewens weg omdat hulle nie weet wat of waar die aardige geluide wat hulle so bang maak vandaan kom nie. Die diere neem besit van die huis oor, geniet ‘n heerlike ete en raak daar vir die aand rustig.

Later daardie nag keer die rowers egterterug, en stuur een van hulle lede terug om ondersoek aan te stel oor wat gebeur het. Hy let die kat se oë op wat in die donkerte blink en neem aan dat die die kole van die vuur is. Sommer gou breek daar ‘n bakleiery uit tussen die rowers en die diere, maar die dier oorwin en die diere woon gelukkig in die kothuis vir die res van hulle lewens.

Additional information

Title:

Starring:

Age Restriction:

Category:

Bar Code:

Format:

TV System:

Region:

Product Code:

FREQUENTLY BOUGHT TOGETHER

+++
Price for all:   R329.96