Tydlose Verhale

R59.99

  • Synopsis
  • Additional information

Synopsis

fpb

Title:   Tydlose Verhale – Bekoorlike Verhale – Die Reis Na Die Middle Punt Van Die Aarde / Die Storie Van Pinocchio

Starring:   As Seen On Sauk

Synopsis: 

Professor Lindenbruck stel voor om op ‘n ekspedisie na die middel van die aarde te vaar op dieselfde roete as ‘n vermiste wetenskaplike.

Sy dogter Alexa dring daarop aan om die geselskap te vergesel. Met tiener-vriend Gower en die roomys-liefhebbende marmot Hercules, vind die behoedsame professor ‘n merkwaardige groep onderaardse dinasourusse… en gevaar. Maar dis nie net die pre-historiese gediertes en die gesmelte lawa wat teespoed vir die geselskap veroorsaak nie… dis die mededingende wetenskaplike Dr Greed wat vasbeslote is om hulle te stop. Beide ouers en kinders word al vir jare lank vermaak deur Jule Verne se vrolike verhaal oor die betowerende verlore stad myle onder die aarde se oppervlak.

Die gunsteling kom nou kleurvol tot lewe in hierdie splinternuwe musikale uitbeelding.

DIE STORIE VAN PINOCCHIO:

Wanneer die goedhartige skrynwerker Geppetto ‘n houtstomp onder hande neem, gebeur daar ‘n wonderlike ding met die figuur wat hy daaruit maak. Die houtseuntjie word skielik lewendig en Geppetto besluit om hom Pinocchio te noem. Van die eerste oomblik af wil Pinocchio ‘n regte seuntjie word, en in sy gretigheid om dit te vermag, rig hy allerhande kattekwaad aan. Hy verkwansel sy skoolboek, word uit sy geld gekul en verander selfs in ‘n donkie.

En elke keer as hy jok, word sy neus langer.Die Blou Fee ontferm haar oor die klein karnallie en help hom uit die moeilikheid. Wanneer Geppetto op die see uitvaar en deur ‘n walvis ingesluk word, is dit Pinocchio se taak om hom te red.

Terselfdertyd word die Blou Fee siek, en Pinocchio gee al sy geld sodat sy gesond gemaak kan word. As beloning word sy hartewens vervul en word hy uiteindelik ‘n regte seuntjie.

Additional information

Title:

Starring:

Age Restriction:

Category:

Bar Code:

Format:

TV System:

Region:

Product Code:

FREQUENTLY BOUGHT TOGETHER

+ + +
Price for all:   R239.96