Description
Title: Die Storie Van Pinocchio
Starring: Animation
Synopsis:
Wanneer die goedhartige skrynwerker Geppetto ‘n houtstomp onder hande neem, gebeur daar ‘n wonderlike ding met die figuur wat hy daaruit maak. Die houtseuntjie word skielik lewendig en Geppetto besluit om hom Pinocchio te noem. Van die eerste oomblik af wil Pinocchio ‘n regte seuntjie word, en in sy gretigheid om dit te vermag, rig hy allerhande kattekwaad aan. Hy verkwansel sy skoolboek, word uit sy geld gekul en verander selfs in ‘n donkie.
En elke keer as hy jok, word sy neus langer.Die Blou Fee ontferm haar oor die klein karnallie en help hom uit die moeilikheid. Wanneer Geppetto op die see uitvaar en deur ‘n walvis ingesluk word, is dit Pinocchio se taak om hom te red.
Terselfdertyd word die Blou Fee siek, en Pinocchio gee al sy geld sodat sy gesond gemaak kan word. As beloning word sy hartewens vervul en word hy uiteindelik ‘n regte seuntjie.