Description
Title: Orkney Snork Nie 6
Starring: Zack Du Plessis, Annette Engelbrecht
Synopsis:
Ek gaan see toe:
Hendrik en Maggie neem die twee kleintjies Margate toe om die eerste keer die see te sien.Wimpie en Sonja is dirigente vir die interskool-atletiek maar dinge loop bietjie skeef wanneer hulle, in Hendrik en Maggie se afwesigheid, ‘n partytjie in die Van Tonders se huis hou.
Serenade vir Sonja:
Wimpie vertel stories van Sonja om by sy vriende te spog. Sy kom daarvan te hore en verbreek hulle kys. Wimpie is gebroke en komponeer ‘n liedjie.Oom Hans en Ouboet skryf in vir ‘n gemerkte visvangkompetisie. Ouboet vang die meeste babers en Spike val ‘n vis met sy kop dood.
Roofkykers:
Weens ‘n misverstand oor hulle TV lisensie luister die Van Tonders oor die radio na ‘n belangrike rugbywedstryd.
Ouboet spuitverf sy nommerplate om die spoedkameras te beduiwel maar dit werk nie.Maggie en die kinders gaan na ‘n ysskaatsvertoning.
Sorry vir my Borrie:
Ouboet in ‘n ongeluk betrokke en wanneer Liz die boodskap oordra is Yollie dadelik agterdogtig.Hendrik is bitter ongelukkig oor die nuwe mynkaptein.Oom Hans ontmoet vir Rusty en haal Oupa se streke uit.
My maatjie:
Maggie gaan help vir Yollie en Hendrik moet die huis oppas. Hendrik kry egter ‘n gholfafspraak en vra oom Hans om Riekie en haar maatjie, Alexis, op te pas. Op sy beurt vra oom Hans vir Wimpie en Sonja om die kinders op te pas. Die twee drink egter van oom Gawie se vrugtekelkie en kyk nie eintlik na die kinders nie.
Spiere:
Ouboet wil soos Tarzan lyk en gebruik hulle spaargeld om by ‘n gimnasium aan te sluit. Yollie is woedend. Ouboet moet ‘n ,before, foto laat neem en die plan is om ook ‘n after foto te laat neem. Die gimnasium verdwyn egter.Wimpie en Sonja bekommer Maggie en Hendrik verwoes haar oefenfiets.