Description
Title: Gebooie 7 & 8 Juweeldief Hartedief
Starring: Afrikaans Byble Animasie
Synopsis:
Juweeldief, Hartedief is die vierde aflewering in die kinderreeks Die Tien Gebooie Vir Kinders. Hierdie reeks met sy uitstekende animasie is propvol pret en vermaak.
Elke episode spog met oorspronklike musiek en ‘n treffende storie. Die karakters is lewendig en boeiend, en jong kykers leer Bybelse waardes namate hulle die waarheid ontdek rondom die Here se liefde vir elke mens.
In Juweeldief, Hartedief leer kinders die betekenis en belang van twee van God se Gebooie Jy mag nie egbreuk pleeg nie en Jy mag nie steel nie. Wanneer die aantreklike sanger Simeon en sy sakkeroller-apie hulle opwagting maak in die Israeliete se kamp, begin dinge skeefloop. Die slinkse Simeon het geen gewetensbesware nie en probeer die hart van ‘n ander man se vrou steel.
Intussen word Amos die rot van diefstal verdink wanneer die sanger se apie onder meer waardevolle sierade in die kamp steel. Kinders sal oor en oor na hierdie aksiebelaaide storie wil kyk en so omtrent die Here se instruksies vir hulle lewens leer.