Description
Title: Gebooie 1 & 2 Die Klatergoue Kalf
Starring: Afrikaans Byble Animasie
Synopsis:
Die Klatergoue Kalf is die eerste aflewering in die kinderreeks Die Tien Gebooie Vir Kinders. Hierdie reeks met sy uitstekende animasie is propvol pret en vermaak.
Elke episode spog met oorspronklike musiek en ‘n treffende storie. Die karakters is lewendig en boeiend, en jong kykers leer Bybelse waardes namate hulle die waarheid ontdek rondom die Here se liefde vir elke mens.
In Die Klatergoue Kalf leer die elfjarige Set en sy vriend Efraim die betekenis van twee van God se Gebooie Jy mag geen ander god as die Here dien nie en y mag nie afgodsbeelde maak nie. Eweneens leer Set se gevatte dierevriende wat die gevolge kan wees wanneer hierdie gebooie verontagsaam word.
Terwyl Moses op die berg Sinai is, begin die Israeliete moed verloor. Aron word oorreed om ‘n afgod te maak wat deur die volk aanbid kan word, en Set probeer keer dat sy belangrikste besitting daaraan geoffer word.
Kinders sal oor en oor na hierdie aksiebelaaide storie wil kyk en so omtrent die Here se instruksies vir hulle lewens leer.