Description
Title: Gauteng – Aleng – Aleng
Starring: Frank Opperman, Juanita Strydom
Synopsis:
Die G.A.T.T. Departement, die Gautengse Departement van Tenders en Toetse, word bestuur deur Frans Roos. Sy department is verskuif van die elfde vloer na die kelder, die personeel is van 33 na 3 verminder en hy rapporteer direk aan Me. Mammabolo, die ,chair woman, van die raad.
Die ander personeel bestaan uit Lulu Roux, die ontvangsdame, Koos Koekemoer, die seniortegnikus, en Dickey Abrahams, junior tegnikus. Koos se vrou, Bessie, is ‘n boetebessie en sy is gereeld daar om op Koos te ,check,. Poena Pieterse is veronderstel om die department se bode te wees maar is byna voltyds besig om persoonlike takies vir Me. Mammabolo te verrig. Naels en Boereboude , Lulu help Me.
Mammabolo met ‘n naelkrisis en Koos en Frans sit vas oor ‘n opmerking wat Frans oor Bessie se agterstewe gemaak het. Popster, Toerisme, Sirene en Ligte , Poena dring deur na die semi-finaal van ‘n popsterkompetisie, Koos kry ‘n blink gedagte en Me. Mammabolo wil haar ampsmotor opgradeer.Poena kry opdrag om die motor met blou ligte en’n sirene toe te rus maar moet daarna wegkruip vir ‘n vale.
Die People’s Pool, die Sithole’s, Brittney en die Naeltjiering , Koos en Me. Mammabolo inspekteer die swembad by Jabulani, alle tenders gaan in een rigting, Poena wil vir Brittney Spears na sy partytjie nooi, Koos kry dit hotagter van Bessie oor sy hulp aan ander vrouens met gordyne hang en Lulu notuleer ongelukkig dat Bessie ‘n naeltjiering het. Die gort is gaar by G.A.T.T.
Monty, vol Monty en Bessie se Erewag ,Poena moet ‘n miniatuur kamera in die jacuzzi installer. Hy val egter deur die dak en beland in die jacuzzi saam met ‘n paar dames. Bessie staan in ‘n erewag vir Sjinese sakemanne en Koos is woedend wanneer sy uiteindelik drie-uur die oggend tuiskom.Lulu en Frans neem aan interne kompetisies deel. Die Bal en die Deurtrekkertjie, Die spysenier vir die Premier se Bal staak en Koos, Dickey en Poena moet uithelp met die kos en drank. Natuurlik is daar rampspoedige gevolge. Bessie koop ‘n deurtrekker baaikostuum en wanneer sy aandring om dit in die openbaar te dra, skaf Koos vir hom ook ‘n deurtrekker aan.
Dobbelskuld en verhoudingsprobleme, Poena is verslaaf aan dobbel en begin vasdraai. Koos verval in onguns by Bessie en probeer alles om haar terug te wen. Mnr Roos word vir seksuele teistering aangekla. Die Skerpioene, strykyster en spelfout, die Skerpioene bring ‘n onverwagte besoek aan G.A.T.T. en dit gee aanleiding tot senuagtigheid by sommige personeel. Bessie betrap Koos, Dickey en Lulu wanneer hulle kaasbroodjies maak met ‘n strykyster. Mev. Mammabolo se persoonlike nommerplate het ‘n spelfout op.